Middelpos. Middelpos. Jy was gister weer net jou kaalvoet self. 45 grade binne-in ‘n motor diensstasie, tussen niks en nêrens, sonder Eskom, maak ons ‘n tempel staan. In gemengde reuke van dieseldampe, wierook, bloekomolie en sweet sit en hou ons uit. Gestroop van alle gemak is jy in ‘n oomblik vir my ‘n ‘sweet spot.’ Jy is so unpretentious, dat ek jou wil beskerm. Jou hartklop is so warm en wild dat jy mense of tuis of ongemaklik laat voel. Jy is ver van almal maar naby aan my hart. Vir party is jy alles, vir ander is jy niks. Party wil terugkom, ander wil jou nooit weer sien nie. As jy ‘n mens was, was jy ek. As ek ‘n plek was, was ek jy. Ek love jou. En ek het geen idee hoekom nie.












